Laer Burgstraat 20, Posbus 2181, Kaapstad 8000 | Sien kaart
Afrikaans English

Basiese bedryfsprosedures

Prosedure vir Kaapse Verbruikers se verskaffers/kleinhandelaars

  • ‘n Kaapse Verbruikers-transaksie is soortgelyk aan dié van ‘n gewone kredietkaarttransaksie. Die Kaapse Verbruikers-kaarthouer sal óf ‘n Goue óf ‘n Silwer kaart gebruik.
  • ‘n Magtigingskode mag ook noodsaaklik wees afhangende van die waarde van die transaksie. Skakel asseblief u bank se hulplessenaar om ‘n magtigingskode te kry, of skakel Nedlink by 0860 321 222 as u ‘n Nedlink-terminaal het, of Absa by 0860 100 017 as u ‘n Absa-terminaal het. Anders kan u ook Kaapse Verbruikers skakel by 021 409 7600 (Maandag tot Vrydag: 08:30 – 18:00; Saterdag: 08:30 – 14:30 en openbare vakansiedae: 09:00 – 13:00).

Die lid se kaartnommer is noodsaaklik vir die magtiging en moet byderhand wees.   

Indien die verskaffer/kleinhandelaar nie ‘n magtiging telefonies aanvra nie, loop die verskaffer/kleinhandelaar die gevaar om nie betaal te word nie.

Let wel: U moet u Kaapse Verbruikers-kontrakteurnommer en u handelaarsnommer gereed hê as u die bank vir magtiging skakel, want hulle sal dit vra. Plaas hierdie inligting waar u personeel dit kan sien, want dit sal onnodige oponthoude voorkom en frustrasie vir die bank en kliënt vermy.

  • Enige onwettige of vals kaarte sal geïdentifiseer word as u skakel vir magtiging.
  • Hou asseblief in gedagte dat nie elke Kaapse Verbruikers-lid ‘n begrotingsgerief het nie.  As die lid ‘n begrotingsgerief benodig, moet Kaapse Verbruikers geskakel word om aansoek daarom te doen. Dit kan dalk die transaksie beïnvloed as die lid eers ‘n begrotingsgerief moet beding.
  • Die besonderhede (magtiging- en kontrakteurnommer) word dan aangeteken om op die transaksiestrokie te verskyn.
  • Doen u banksake op die gewone manier aangesien die transaksies op ons stelsel registreer wanneer dit gedoen word.