Die Kaapse Verbruikers/b-Smart-kaart werk dieselfde as enige ander kredietkaart. Alle transaksies word elektronies verwerk deur middel van ’n Nedlink- of Absa-terminaal. Die Goue of Silwer kaart word deur die terminaal gevee en ’n strokie word dan gedruk vir die lid om te teken. Die verskaffer hou ’n afskrif hiervan.
Onthou asb:
- Daar is ’n maandelikse limiet op die kaart.
- Lede moet tred hou met alle aankope met kaarte wat uitgereik is vir die spesifieke rekening.
- Verskaffers moet handtekeninge verifieer.
- Alle transaksies wat die limiet oorskry, word afgekeur.
